Katharina II | |
---|---|
Keiserin van die Hele Rusland | |
Dinastie | Romanof Anhalt |
Bewind | 1762–1796 |
Volle naam | Sophie Auguste Friederike (Katharina Aleksejewna) |
Ander titels | Tsarina |
Gebore | 2 Mei 1729 |
Gesterf | 17 November 1796 |
Voorganger | Pieter III |
Opvolger | Paul |
Gade | Pieter III |
Kinders | Paul Anna Petrowna Aleksei Bobrinski |
Vader | Christiaan August van Anhalt-Zerbst |
Moeder | Johanna Elisabeth van Sleeswijk-Holstein-Gottorp |
Katharina II Aleksejewna (Russies: Екатерина II Алексеевна), ook bekend as Katharina die Grote (Екатерина Великая; Jekaterina Welikaja) (Stettyn, 2 Mei 1729 – Tsarskoje Selo, 17 November 1796) was van 1762 tot 1796 keiserin van Rusland.
Sy is in die Duitse Stettyn gebore as prinses Sophie Auguste Frederike, dogter van prins Christiaan August van Anhalt-Zerbst. Sy was ’n niggie van konings Gustaaf III en Karel XIII van Swede en van die Russiese troonopvolger Pieter III.